Binne 'n kort tydjie kom Erna Rademeyer baie agter oor liefde en vriendskap: die verskillende vorme wat dit kan aanneem, die vreugde daarvan, maar ook die gevaar van verraad en misbruik.
Die pragtige Bolandse berge wink vier jong vriende om die naweek op ’n staptog daar deur te bring. Alles verloop glad en die viertal is skynbaar vrolik tussen die berghange op pad na hulle slaapplek. In die berge – en in die vier jong harte – skuil egter geheime.
Sokkies, die ou buurman se perd, se dae is getel, maar nie as dit van Helena afhang nie. Al weier haar ma dat sy haar eie perd kry, is sy druk besig om planne te maak om Sokkies te red. Haar vriend Ouman help haar, asook haar ou vriendin by die ouetehuis. Sal Sokkies gered word en sal Helena se droom om haar eie perd te he waar word?
HoErskoolseuns in 'n skoolkoshuis tydens 'n rugbytoer. Die resep vir 'n baie lekker storie. Die seuns kla oor die dopery. Hulle praat ook oor meisies - en natuurlik oor sport. Met Charlieboy of Vlam (as gevolg van sy rooi hare) en sy pelle is daar altyd hope pret. Maar die storie raak ook aan spangees en jaloesie.
Blitz Maths is a fun way to develop the mental calculation ability of young learners. Each book in the series focuses on developing maths solving strategies, and then reinforcing those skills through practice. Blitz Maths is filled with a variety of activities that keep learning fresh and interesting, and are designed to make learning easy.
Nomsa, 'n dogtertjie wat in Cardboard City, onder 'n brug bly, tel 'n pop op. Dit is 'n baie eienaardige pop met die vreemdste gesiggie en haartjies. Verbeel Nomsa haar, of praat die pop? Dit bring haar in aanraking met die vreemdste mense soos Doktor Groenmosterd en Professor Skeptikos. Waarom sal grootmense 'n pop wil he?