Close
You have no items in your shopping cart.
Search
Ver wink die Suiderkruis

Ver wink die Suiderkruis

Publisher : LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
SKU: 9780799364040
R 300,00
R 255,00
Ver wink die Suiderkruis speel af midde-in die wurgende depressie in 1933 - ses jaar voor die Tweede Wereldoorlog.
Ver wink die Suiderkruis speel af midde-in die wurgende depressie in 1933 - ses jaar voor die Tweede Wereldoorlog. Kate Woodroffe is die dogter van die ryk mynbaas John Woodroffe. Terwyl sy navorsing vir haar verhandeling in armblankebuurte moes doen, stel haar pa Bernard Neethling aan om haar op te pas. Hy is deel van die mynwerkerafvaardiging wat met die mynbase onderhandel. Al kom hy uit 'n baie arm omgewing, is hy baie ingelig en 'n sterk leier, tog is hy 'n slagoffer van sy omstandighede. Bernard neem haar na die woonbuurte in Johannesburg se Fordsburg, later gaan hy saam met haar na die Wes-Transvaal, waar sy navorsing onder delwergesinne doen, en heelwat later Bosveld toe. Die twee raak verlief, maar weet hulle is werelde van mekaar verwyder. Hy kan nie vir haar gee waaraan sy gewoond is nie. Toe hulle Bosveld toe is - skroeiend warm en droog - bly hulle by haar grootouers. Haar oupa weet egter nie Kate is sy kleinkind nie. Tydens die Anglo-Boereoorlog het hy sy twee seuns verloor en is verbitterd teenoor die Engelse, want sy dogter - Kate se ma - het 'n siek Engelse soldaat versorg en hulle het op mekaar verlief geraak.
Die ou man kon nie aanvaar dat sy dogter met een van die vyand wou trou nie en vandat sy daar weg is saam met John Woodroffe, het hulle mekaar net een keer gesien. Kate se ouma weet wie Kate is, maar nie haar oupa of Bernard nie. Toe hulle terugkom in Johannesburg, besef Bernard hoe onmoontlik hul liefde vir mekaar is en hy verdwyn. Stukkend gaan sy later na haar ouma-hulle se plaas toe met die doel om haar oupa te vertel wie sy is. Daar tref sy Bernard aan wat saam met haar oupa om die helfte boer. Toe Bernard hoor dis haar oupa en ouma, is hy woedend. Hy voel Kate het nie oop kaarte met hom gespeel nie en daarom verdwyn hy weer die veld in sonder om haar te groet. Kate vertel ook vir haar oupa die waarheid. Hy is verslae, maar nie heeltemal ongenee om haar ouers te ontmoet nie. Drie weke later kom kuier hulle by die ryk Woodroffes in Parktown Ridge, die familie raak versoen en eindelik daag Bernard ook op.
Products specifications
ISBN13 9780799364040
Publisher LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
Contributor By (author) Irma Joubert
Publication Date 2013-01-11
Language Afrikaans
Format Paperback / softback
Pages 304
Product Dimensions (H x W x L) in mm 198 X 129 X 210
Shipping Weight (grams) 500
Write your own review Close Review Form
  • Only registered users can write reviews
*
*
Bad
Excellent
*
*
*
*
Description

}