Genevieve van Vuuren, oftewel Jenny, se sprokieshuwelik word onverwags deur haar verloofde afgestel. Kwaad, hartseer en teleurgesteld besluit sy impulsief om saam met haar suster en swaer met ? kampeerwa deur Italie te gaan reis. Alles verloop goed, totdat die losbol wereldreisiger, Reinhard Prinz, hulle op die laaste nippertjie vergesel.
Al wat Genevieve met Reinhard in gemeen het, is die feit dat hulle albei as kinders deur ? ouer verlaat is. Nie een van hulle vertrou die teenoorgestelde geslag nie en is ook nie van plan om van mening te verander nie. Al probleem is die aantrekkingskrag wat vinnig duidelik raak. Genevieve en Reinard is nie blind vir hul gevoelens nie, maar ook nie gereed om dit met mekaar te deel nie. Is die vrees vir verwerping sterk genoeg om in die pad van hul geluk te staan?
Products specifications
ISBN13
|
9781776352333
|
Publisher
|
LAPA Publishers
|
Contributor
|
By (author) René van Zyl
|
Publication Date
|
2022-05-01
|
Language
|
Afrikaans
|
Format
|
Paperback / softback
|
Pages
|
0
|
Product Dimensions (H x W x L) in mm
|
170 X 107 X 210
|
Shipping Weight (grams)
|
500
|