Die nuwe Dapper Drie – Alet, Vernon en Nathi – moet uitvind waar die skielike aardbewing vandaan kom wat Kroongolf ruk. Maar dit is glad nie so maklik nie. Een van hulle moet ’n vriendskap aanknoop met Gideon en Mandla.
Die Dapper Drie – Alet, Vernon en Nathi – moet kopkrap wanneer vreemde goed in Kroongolf gebeur. Juffrou Floors se vinger verander in 'n boorpunt. Vernon se buurman vind ’n nuwe manier om sy gras te sny. En Anila raak weg. Die wrede Walg se finale aanslag teen Kroongolf het begin!
Denise en Shumani tel 'n bril in die bus op wat eienaardige dinge laat gebeur wanneer 'n mens daardeur kyk. Hul gunstelingonderwyser, Meneer Wildskut, is siek en 'n kwaai onderwyseres neem in sy plek waar … en die poppe begin dans. 'n Skreeusnaakse fantas
Die Oxford storieboom is 'n opwindende aanvangsleesreeks wat van die standpunt uitgaan dat selfs leerders wat nog nie gereed is om simbole te interpreteer nie, wel belangstel in stories en hierdie stories kan interpreteer en weergee.