Francois Bloemhof slaan 'n nuwe rigting in met 'n roman gebaseer op 'n draaiboek deur die bekende akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts. Hulle speel in die gelyknamige rolprent en die pad van liefde het meer as net 'n paar kinkels en draaie.
'n Ekologiese ramp tref die aarde: alge begin die oseane oorgroei en bedreig alle lewe in die see. Terwyl Anna se ouers probeer uitvind hoe om dit te keer, stel Anna meer belang in die dolk wat sy in vlak sand begrawe in hulle baai ontdek het. Sy glo dit het meer as tweehonderd jaar gelede aan n beroemde seerower behoort.
Dieter en Krynauw, twee graadsewes, beland in die kloue van Madame Zenobia, toe hulle op eie houtjie begin ondersoek instel na die vlaag diefstalle in die skool.
Sizwe, Tembile, Victor, Vuyo and Mlibo have to do some fine detective work to rope in a gang of ruthless drug dealers. Queen, the leader of the gang, will stop at nothing but murder to prevent anybody from interfering with her plans.
Hanna is veertien, amper vyftien. Haar ma, mallerige kunstenaar wat sy is, het weer getrou en besluit die hele familie moet saam gaan vakansie hou om mekaar beter te leer ken – 'n soort familie-wittebrood. In beginsel 'n goeie idee, maar toe begin dinge skeef loop…
Die potlooddief en die engel is 'n hedendaagse blyspel wat losweg gebaseer is op die Middeleeuse mirakel- en moraliteitspele. Alles is moontlik, met die gevolg dat hierdie heerlike en hoogs opvoerbare komedie, wat met groot sukses voorgeskryf is, net sulke prettige leesstof is.
As jy nog nie Die klein prinsie gelees het nie, wag die grootste lekkerte op jou! Die klassieke boek, wat die skrywer Antoine de Saint-Exupery wereldberoemd gemaak het, is al in meer as tagtig tale vertaal. Hierdie uitgawe bied Die klein prinsie vir die eerste keer volledig in sy oorspronklike vorm in Afrikaans.