Rico is 'n danser. Hy is so maer soos spaghetti en so lig soos 'n muggie, maar sy droom is om rugby te speel! Hy vra die afrigter of hy ook mag speel. Sodra die ruk-en-rol-musiek oor die luidspreker begin speel, word 'n rugbyster gebore.
Ontdek die adrenalienbelaaide wereld van voertuie met hierdie boek propvol asemrowende feite en aktiwiteite! Met 48 bladsye vol fassinerende feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite en speletjies waarmee jy die indrukwekkende wereld van voertuie kan verken, sal hierdie boek jong feitevrate ure lank besig te hou!
Wat het 'n gloeiende seekat, 'n groeiende swam en klein kreatuurtjies in die grond onder jou tone in gemeen? Dit is alles deel van die wereld van mikrobiologie! Hierdie fantastiese boek stel kinders aan bakteriee, virusse en ander kieme en mikrobes bekend. Jong wetenskaplikes sal dit eenvoudig nie kan neersit nie!
Ontdek die menslike liggaam met hierdie boek propvol feite en aktiwiteite! Met 48 bladsye vol fassinerende feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite en speletjies waarmee jy die wonderwereld van die menslike liggaam kan verken, sal hierdie boek jong feitevrate se tone laat omkrul van lekkerkry!
Hierdie kleurvolle boek maak voorskoolse kinders op 'n prettige manier vertroud met al die primere kleure. Daar is ook kort rympies om saam op te se en 'n storie om die kleure van die reenboog te leer ken.
Die skool se sportdag is om die draai en Lana is bekommerd sy gaan heel laaste in elke enkele item kom. Maar dan kry sy 'n briljante idee: Sy kan saam met Rakker begin oefen om lekker fiks te word!
Lana is baie opgewonde toe haar gesin 'n pragtige Jack Russell-hondjie aanneem. Maar Rakker is baie woelig en stout. Oral waar hy kom, beland hy in die moeilikheid. Sal Lana dit regkry om Rakker uit die moeilikheid te hou?
Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met die prettige avonture van Jakkals en Wolf. In hierdie fantastiese leesreeks vertel Wendy Maartens die klassieke stories in eenvoudige taal wat selfs die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak.
Ayanda learns about voting by Manichand Beharilal and Thea Wallace, illustrated by Benoit Knox. Join the story as Ayanda learns how elections work, what voting is and how to be a responsible citizen.Perfect for ages 9 to 13 years.
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke van die gewilde reeks. Hierdie is die tweede titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees.
In hierdie oorspronklike weergawe van ’n bekende sprokie, steel Aspoestertjie die prins se hart met haar pragtige glimlag. Kinders leer hoekom dit belangrik is om elke dag tande te borsel met behulp van hierdie skreeusnaakse storie.
Andries is 'n skaap. Maar hy voel eensaam omdat hy anders as die ander skape is. Diep in sy hart glo Andries daar moet erens ’n plek wees waar dit normaal is om anders te wees. Gedryf deur hierdie verlange gaan hy op ’n soektog...
Watter soort familie het jy? Party mense het baie broers en susters, ooms en tannies, niggies en nefies, oumas en oupas, oumagrootjies en oupagrootjies, en ander het weer klein families. 'n Familie kan ook net twee mense wees!
Hierdie pragtig geillustreerde boek geskryf deur Ewald van Rensburg, is propvol inspirerende stories met kleurvolle karakters. Een hiervan is dapper Bomani, 'n baie spesiale meerkat wat jong kinders sal aanmoedig om anders te lewe terwyl hulle deur sy wonderlike avonture vermaak word.
Dis lente! Die eerste warm sonstrale bereik die bodem van die meuldam en die klein waterman ontwaak uit sy winterslaap. Na ontbyt gaan hy nuuskierig en vol avontuurlus uit die huis om sy omgewing te verken. Is al sy vriende nog daar?
Wat doen mense elke dag? Richard Scarry se innoverende leer-en-speelboek beeld mense uit in hulle werksomgewings. Op 'n prettige wyse word daar geleer oor beroepe en wat dit presies behels. Wat doen 'n bakker? Hoe word brood gebak? Wie bou paaie? Hoe teer hulle die pad?