Die lewe loop wye draaie met Janine. Frustrasies bring versoekings, en sy wil uitkom, maar as ma kom sy tot die besef dat haar dogters haar verantwoordelikheid en vreugde is.
Senobia Arendse, 'n taalversorger van Prins Albert, se toekoms le en wink waar sy vroegoggend in Bellville op haar nuwe woonstelmaat wag. Palesa word vergesel deur drie dashing jongmanne.
Dis 1938 en Elisabet Uys neem 'n wilsbesluit om vrou-alleen na Europa te reis, ongeag die tradisies en verwagtinge wat aan haar voorgeskryf is. Sal Elisabet in die oorloggeteisterde Londen vind waarna sy soek?
Kan jy jou rug op jou verlede draai, jou foute vergeet en nuut begin? Of leef jy vir die res van jou lewe onder die wolk van verhoudings wat skeefgeloop het en verbintenisse wat jy nie kan verbreek nie? God is ’n God van tweede kanse; Hy help jou op en stuur jou na die plek waar jy eens gelukkig was, na mense wat jou onvoorwaardelik liefhet.
Desiree de Lange betrap haar man, Vincent, by Gloria. Toe beland Gloria op Desiree se drumpel. Liz, Vincent se eerste vrou, en sy dogter, Caz, is ook daar. Christine, Desiree se beste vriendin, het self iets op die hart.