Close
You have no items in your shopping cart.
Search
Picture for category Riller & Avontuur

Riller & Avontuur

3 Items in Grid 4 Items in Grid List

Doolhof

Omstrede oud-politikus en skatryk sakeman Armand Deysel is vermoor, en Kassie en Rooi moet agter die kap van die byl kom.
R 330,00

Moederland

Moederland bied 'n fassinerende blik op Suid-Afrika in 2070. Robotte, klimaatvlugtelinge en drakoniese landswette wat gewone burgers na die buitewyke van van die ou oorloggesteisterde stede verdryf terwyl die elite in die slimstede floreer.
R 320,00

Die Verkeerde Vrou

Liela Oloffson het alles wat die meeste mense begeer. Skoonheid, roem, en 'n blink loopbaan as aktrise. Maar dan verdwyn sy en die polisie vra die media se hulp. Gesoute misdaadjoernalis Ami Prinsloo volg Liela se spoor soos 'n bloedhond. Kruip Liela weg of is sy gekaap? En waaroor het sy en haar verloofde so hewig baklei voor sy verdwyn het?
R 310,00

Buit

Markus en Domingos vlug na die noorde van Mosambiek omdat hulle vrees dat hulle van moord aangekla sal word. Phoebe, 'n joernalis, sit hulle agterna om 'n eksklusiewe onderhoud los te slaan.
R 295,00

Hans Hou Sy Lyf Sherlock

Hans van Kraaienburg sal hom mos nie met 'n piramideskema laat vang nie . . . of hoe? Toe Huis Madeliefie se mense onder 'n gladdebek-skelm deurloop en hul geldjies soos mis voor die son verdwyn, en die polisie 'n beloning uitloof aan een wat hulle na die skurk lei, gaan Hans-hulle op die oorlogspad, Weskus toe. Die avontuurlikste Hans-verhaal nog!
R 250,00

Polsslag

Speurder-kaptein Alek Strauss van die FSO word saam met sy span uitgeroep na ’n raaiselagtige moordtoneel. Die liggaam van ’n vrou is in ’n afgeleë bouval in Pretoria-Oos gevind. Advokaat Lynn Rawlins is skynbaar verwurg.
R 315,00

Die Wet van Gauteng

Die wet van Gauteng het 'n eg verweefde Suid-Afrikaanse intrige: politieke faksiegevegte, korrupsie en geldwassery. Hoogs leesbaar, aksiebelaaid en meesleurend.
R 310,00

Ivoor

Geheimsinnige oorsese betalings aan weeskinders van die Bosoorlog . . . Dit lyk soos die werk van die ou SAW se koverte intelligensiegroep. Tex Texeira se aandag is verdeel tussen die saak en die selfdood van die Engelsman, 'n medesoldaat wat uit gewetensbeswaardheid nooit aan 'n vuurwapen gevat het nie.
R 330,00

Donkerdrif

Iemand skiet vir adjudant-offisier Milo April by die Kaapse Waterfront. Koelbloedig, helder oordag, 'n teregstelling. Is 'n senior SAPD-offisier daarvoor verantwoordelik? En hou dit verband met geheimsinnige briewe wat die geskorste Valke-speurders Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang het?
R 335,00