Close
You have no items in your shopping cart.
Search
Picture for category Poësietekste

Poësietekste

3 Items in Grid 4 Items in Grid List

Plunder

Die jongste bundel van Antjie Krog verskyn agt jaar na Mede-wete. Krog ontwikkel voormalige temas soos die landskap van die vrou, die huwelik, die aftakeling van die lyf, die vreugde van klein gesinsoomblikke, maar terselfdertyd vernuwe sy, opnuut.
R 260,00

Moerstaal

Loit Sols skryf oor sy voorsate, die Eerste Inheemse mense aan die suidpunt van Afrika. Die inhoud van sy gedigte, sowel as die taal waarin dit geskryf is, word deur sy erfenis verryk. Die lewegewende moederfiguur staan sentraal in sy "skryf-stills" wat opklink in 'n betreuring van verlies, asook 'n strewe na behoud.
R 225,00

Spreekwoorde en Ander Segswyses

Spreekwoorde en ander segswyses bevat: 10 765 spreekwoorde en segswyses, 1400 nuwe spreekwoorde en segswyses, interessante inligting oor en verklarings en vertaalekwivalente vir die spreekwoorde en segswyses. Spreekwoorde en ander segswyses is 'n handige naslaanwerk vir Afrikaanse en Engelse gebruikers.
R 360,00

Môre en Gistraand en die Einde van die Maand

Die jongste bundel verse deur Philip de Vos is vir jonk en oud, en getuig opnuut van sy vakmanskap as digter. Ritme dien as ruggraat vir elke vers, met 'n goeie skeut tong-in-die-kies stuitigheid, maar soms ook met 'n melancholiese ondertoon. Daar is verse oor die Skepping, oor Moses en oor Lot, en meer as 'n handvol stoute kwatryne.
R 250,00

Pienk Ceramic-Hondjies

In Ryan Pedro se debuutbundel word roerende gedigte dikwels uit die oogpunt van 'n bruin seun op 'n plattelandse dorp aangebied. Die kompleksiteite van identiteit, ras, klas en opvoeding word ondersoek deur dié seun se beweging tussen verskillende wêrelde
R 240,00

'n Vry Vrou : Gedigte van Antjie Krog

Krog is ’n internasionaal gerekende digter maar ook plaaslik geliefd. Vyftig jaar ná haar opspraakwekkende debuut, Dogter van Jefta, verskyn daar ’n splinternuwe versameling waarin meer as honderd gedigte uit haar elf bundels saampraat.
R 315,00

Uit die Kroes

In Uit die kroes word die Noord-Kaapse leefwêreld opgeroep in verse wat Namawoorde op verrykende wyse inkorporeer. Dit bevat gedigte wat die sentrale dog geringgeskatte rol van die bruin vrou in die Suid-Afrikaanse geskiedenis belig.
R 240,00

Kryt

In Hennie Nortjé se tweede digbundel kom die bokskryt van die menslike kondisie aan bod in ingehoue, dikwels humoristiese verse.
R 240,00

Mens dier ding

In die vertaling van Alfred Schaffer se bekroonde Nederlandse bundel, Mens dier ding, ondersoek die digter die mite van Sjaka Zulu deur dagboekinskrywings, monoloe, briewe en dagdrome. Die mites rondom Shaka se geskiedenis word op die kop gedraai en ondermyn. 'n Poetiese kragtoer, vertaal deur Zandra Bezuidenhout.
R 280,00

Alles het niet kom wod

In Alles het niet kom wod dig Trantraal oor die onderwerpe wat hy in Chokers en suvivors met sy kenmerkende energie belig. Hy dig weer eens oor taal, klas, ras en die politiek, maar fokus hier ook op seksualiteit, en die religieuse en stedelike milieu waarin hy grootgeword het. ’n Kontroversiele bundel deur die wenner van die Ingrid Jonkerpys.
R 215,00

Stil punt van die aarde

Aangrypende gedigte deur 'n fyn woordkunstenaar. Hierdie Hertzogpryswenner se nuwe bundel is 'n hoogtepunt in sy oeuvre. Die gedigte bied 'n deurlopende gesprek met 'n wyer wereld - ook insigte in daardie wereld: die mens, die natuur, die kunste, literatuur, filosofie.
R 260,00