Die vierde boek in ‘n reeks. Al die boeke is met intensiteit baie fyn geskryf, Christof neem die leser op vlerke, elkeen het ‘n besonderse boodskap betreffende die natuur wat uitgedra word, dit gaan oor skryfkuns, vertelkuns wat jou vasvang, nie net oor die spesifieke reise wat gekies is nie, maar veral hoé dit beskryf is.
Ervaar die passie waarmee dit geskryf is, met balans die natuurlewe uitbeeld soos dit daar gebeur, die unieke manier hoe die tonele en prentjies in die reisjoernaal die gebeure in Afrikaans vasvat, ook in die ruskampe, hoe die woorde ingespan word.
In die natuur gebeur daar nooit niks nie, al is daar byvoorbeeld nie ‘n leeujag nie, Christof en sy vrou volg die gebeure soos dit daar in die natuur met hul besoeke gebeur, die leser sien nie net die prentjies en tonele, wat beskryf word, hoor die geluide van die bos nie, maar ervaar dit asof hy/sy daar mét hulle is, jy ruik dit, proe dit, jy kan daaraan vat.
Products specifications
ISBN13
|
9781776057054
|
Publisher
|
AfriForum Uitgewers
|
Contributor
|
By (author) Andre Christof
|
Publication Date
|
2022-07-01
|
Language
|
Afrikaans
|
Format
|
Paperback / softback
|
Pages
|
0
|
Product Dimensions (H x W x L) in mm
|
210 X 148 X 210
|
Shipping Weight (grams)
|
500
|