Die gesoute joernalis Julian Jansen praat met familie en vriende van die slagoffers, kry toegang tot geslote polisiedossiere en onthul nuwe inligting waaroor daar nog nie vantevore berig is nie.
Ben Bliksem Booysen, Suid-Afrika se eie "Chuck Norris" neem die leser tot agter die skerms van die Krugersdorp moorde en onthul nuwe, skokkende besonderhede van die misdade wat die land amper 'n dekade lank vasgenael gehou het.
Tussen die buiteblaaie maak die skrywer wye draaie en vertel sonder skroom in fyn besonderhede van kleintyd-gewaarwordinge, karakters wat sy pad deur die jare gekruis het en van grootmensdinge wat hom laat tob en wonder… soos die ‘skok’-staaltjie van Ou Toet by.
Terwyl die gronddebat woed, stel die boek ons voor aan die landbouers wat die kos verbou waarvan Suid-Afrika leef. Ivor Price en Kobus Louwrens gee ons 'n intieme blik in die daaglikse plaaslewe en uiteenlopende boere se belewenisse en stories.
Met die ANC se oorwinning in die 2019-verkiesing staan president Cyril Ramaphosa sterker as ooit. Hy kan nou sy beloftes om korrupsie in die regering uit te roei, uitvoer. Of nie? Wat is die kanse dat hy sukses gaan behaal, en wat beteken dit vir Suid-Afrika en sy mense?
Stefaans Coetzee was maar 19 jaar oud toe hy op Oukersdag 1996 saam met twee ander verregses bomme by die Shoprite-winkel in Worcester geplant het. Vier mense – onder wie drie kinders – sterf in dié verwoestende ontploffings en Stefaans se lewe verander onherroeplik.
'n Versameling stories oor die lewe in 'n bruin woonbuurt op die Kaapse Vlakte. Dit dek identiteit, rassepolitiek en kultuur, en bevraagteken die Suid-Afrika van vandag. Dit is gevul met galgehumor, rou eerlikheid en hartverskeurende vertellings.