Close
You have no items in your shopping cart.
Search
3 Items in Grid 4 Items in Grid List

Klein kook en geniet (2018 uitgawe)

n Eg Afrikaanse kookboek vir beginners van alle ouderdom. Kook & geniet se kleinsus is die perfekte wegspringplek vir beginners in die kombuis. Die gewilde kookgids vir kinders is nou terug in 'n vrolike baadjie - met dieselfde vertroude staatmaker-resepte en splinternuwe kleurfoto's.
R 299,00

Wit issie 'n colour nie

'n Versameling stories oor die lewe in 'n bruin woonbuurt op die Kaapse Vlakte. Dit dek identiteit, rassepolitiek en kultuur, en bevraagteken die Suid-Afrika van vandag. Dit is gevul met galgehumor, rou eerlikheid en hartverskeurende vertellings.
R 260,00

Kalmte in die malle gejaag

Jy wil asem skep en die mooi raaksien. Maar soms raak die lewe dol. Bewustelikheid (mindfulness) en meditasie kan jou help om met nuwe oe na die wereld te kyk. Johannes de Villiers vertel die stories van gewone mense wat geleer het hoe om die wonderskone in elke oomblik - ook die moeilikes - raak te sien.
R 299,00

Alles het niet kom wod

In Alles het niet kom wod dig Trantraal oor die onderwerpe wat hy in Chokers en suvivors met sy kenmerkende energie belig. Hy dig weer eens oor taal, klas, ras en die politiek, maar fokus hier ook op seksualiteit, en die religieuse en stedelike milieu waarin hy grootgeword het. ’n Kontroversiele bundel deur die wenner van die Ingrid Jonkerpys.
R 215,00

Gids tot die eienskappe en gebruike van Suider-Afrikaanse hout

Hierdie boek bevat inligting oor die hourkenmerke en houteienskappe van 140 Suider-Afrikaanse houtsoorte (134 inheemse en ses uitheemse spesies).
R 550,00

Soogdiergids van Suider-Afrika : Callfinder ready (no Callfinder included)

The new edition of this popular field guide has been fully updated and revised, making it one of the most comprehensive guides to the mammals of the southern African sub-region: Expanded number of smaller mammal species as well as eight of the more abundant sea mammals.
R 325,00

Gids tot die aalwyne van Suid-Afrika

Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika is die eerste volledige en moderne aalwyngids in Afrikaans. Dit is ’n volkleur-handleiding en die hoe gehalte foto’s maak dit vir die algemene belangstellende sowel as die wetenskaplike maklik om aalwyne in die natuur en in tuine te identifiseer.
R 415,00

Fynbos - ekologie en bestuur

Of jy nou 'n grondeienaar of bestuurder van 'n stuk natuurlike veld in die Kaap, of 'n besoeker aan hierdie unieke deel van Afrika is, neem dit jou nie lank om die merkwaardige rykdom van die streek te waardeer nie.
R 310,00

Gids tot grasse van Suider-Afrika

Die grasfamilie, bekend as Poaceae, is waarskynlik die belangrikste plantfamilie op aarde. Grasse is die eerste voedselplante wat deur mense aangeplant is. Graangewasse, soos mielies, koring, rys en suikerriet (almal grasse), is steeds ons belangrikste bron van energie.
R 370,00

Stil punt van die aarde

Aangrypende gedigte deur 'n fyn woordkunstenaar. Hierdie Hertzogpryswenner se nuwe bundel is 'n hoogtepunt in sy oeuvre. Die gedigte bied 'n deurlopende gesprek met 'n wyer wereld - ook insigte in daardie wereld: die mens, die natuur, die kunste, literatuur, filosofie.
R 260,00

Kook en geniet

Kook en geniet het in 1951 vir die eerste keer verskyn. Met meer as 'n halfmiljoen eksemplare in druk is dit ongetwyfeld die klassieke Suid-Afrikaanse kookboek. Generasies is grootgemaak en het self leer kook aan die hand van die boek.
R 425,00

Gids tot klein tuine

In 'n klein tuin is dit noodsaaklik dat die ruimte deeglik beplan en ook goed versorg word. Omdat 'n mens met 'n beperkte area te doen het, verander die ontwerp beginsels ietwat, en kundige, praktiese gebruik van die beskikbare ruimte is dus essensieel.
R 180,00