Die dood. Dis al waaraan Lumi kan dink en in 'n poging om seker te maak dat sy verder as haar sewentiende verjaarsdag leef, word sy deur haar peetouers in 'n kosskool vir tienerfae gesit. Hier vind sy haarself vasgevang in 'n web van onbeheerbare faemagte, nuwe vriende en 'n vyand wat net nie wil los nie.
Lily Linvelt's only mission is to find an ancient flower in Ireland, in the Burren. She must use the flower to brew an elixer to save her mother who was bitten by
a blood-sucking bat just a few months ago in the Burren.
Op sewentien, toe ons by Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons elkeen ons eie S13 gekry. Daardie dag, toe ek my hande op die swart metaalhuls van die geweer le, het iets in my doodgegaan. Ek het dit net nie toe al besef nie.
Madelaine Taaibosch vermoed die skenkerhart wat in haar bors klop, is ’n gebroke hart. Die dokters verseker haar daar is niks met die hart verkeerd nie, maar sy begin vreemde dinge sien. Dinge uit die verlede. Dinge wat in die toekoms gaan gebeur.
Lotta Liebenberg is tien jaar oud. Haar beste vriendin se naam is Chantelle, sy hou van pannekoek en sy is mal oor diere. Maar eintlik is sy net doodgewoon. Baie meer doodgewoon as haar ouers en haar tweeling-raasbekboeties. So sy verstaan nie hoekom daar die laaste tyd sulke snaakse goed met haar gebeur nie.
Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net 'n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het 'n plan ...
Hoender Retief se hele lewe verander een middag toe sy pa op pad huis toe by 'n winkel stilhou om 'n snoek te koop. En terwyl sy gesin probeer om hul verlies te verwerk, versorg hy sy Leghorn-hoenders, verkoop eiers aan die mense op die plotte en doen saans wiskunde as hy sukkel om te slaap
Cobie het lank uitgesien na die Desember-skoolvakansie. Om ’n paar weke by sy ouma op Vaalberg te kom bly, was egter beslis nie deel van sy vakansieplanne nie. Maar die Weskusdorpie is nie heeltemal so vaal en vervelig soos sy naam se nie...
Watter soort ou breek by 'n akwarium in? En verf graffiti teen die muur? Of gooi bottels en ander gemors in die dolfyntenk? Kevin Pieterse, dis wie. Kevin is moeilikheid met 'n hoofletter "M".