Close
You have no items in your shopping cart.
Search
Picture for category Kos & Drank

Kos & Drank

3 Items in Grid 4 Items in Grid List

Nic van Wyk-Brood & Botter : 'n Lewe van Kook

In sy eerste kookboek neem Nic van Wyk, voorste Kaapse sjef en geliefde Kokkedoor-beoordelaar, ons op sy kosreis van 21 jaar, sy kulinere mondigwording: van onthoukos uit sy kinderdae waar die kossaadjies geplant is, na nostalgiese restaurantgeregte met 'n kinkel, tot by sy hartskos sy aardse gunstelinge.
R 425,00

Oor die Kole

Die boek bevat liplekker resepte wat wissel van die perfekte tjoppie tot potbrode en slaai - en ja, jy kan slaai braai! Martelize deel gunstelinge waarmee sy grootgeword het en verskaf 'n magdom uithaler-resepte met 'n kinkel wat jou smaakkliere sal prikkel.
R 420,00

Die Demokratiese Republiek van Braai 2

“Dis jou demokratiese reg om ordentlik gebraaide kos te eet. Die Demokratiese Republiek van Braai is ’n plek waar jy saam met vriende en familie om ’n vuur staan om ons nasie te vier, waar jy geselsies maak en stories deel. Dis ’n plek waar jy nooit weer swaar hoef te sluk aan swak braaikos nie.” – Jan Braai.
R 425,00

Trouvrou

Trouvrou is vir die moderne vrou met ''n nostalgiese hart wat hunker na vervloe dae ''n vrou wat ewe tuis agter die kospotte as haar skootrekenaar is.
R 400,00

Marinda se Kinderkombuis : met Sjef Sout en Prof Pretzel

Marinda se kinderkombuis is 'n kleurvolle kookboek met 'n kinkel. Benewens resepte, is daar 'n skatkis van wenke oor kookterapie en die voordele daarvan vir kinders, asook hoe bak-en-brou die jongspan op 'n pretmanier kan help met wiskunde, wetenskap, lees- en skryfvaardighede en bykans alle skoolvakke.
R 260,00

Vleis

Suid-Afrikaners is nou maar eenmaal gaande oor vleis. Dis onontbeerlik op enige feestafel, en vir die meeste van ons is selfs 'n gewone weeksaandete nie volledig daarsonder nie. Nie net is dit heerlik en vullend nie, dis ook propvol voedingstowwe wat goed is vir ons.
R 395,00

Marinda se Koskas

"Die resepte in hierdie boek het ek fyn uitgekies. Dit is kos wat ék sien as onthoukos. Marinda se koskas maak voorsiening vir ontbyt, sop en voorgeregte, brood en beskuit, slaai, seekos, vleis, groente, pasta en bygeregte, nageregte, terte, koeke en ander soetigheid.
R 260,00

Kaap, kerrie & koesisters

In Kaap, kerrie & koesisters neem die tweelingsusters Fatima en Gadija ons op 'n Kaaps-Maleise kosreis wat terselfdertyd ook 'n lewensreis is, want die resepte word saamgesnoer met herinneringe aan hulle kinderjare op die Kaapse Vlakte.
R 365,00

Maaltye : Maklike geregte vir elke geleentheid

In Maaltye - maklike geregte vir elke dag kry jy slim oplossings vir middagetes, aandetes en onthaalmaaltye. Jou familie en vriende sal weer en weer vra daarvoor: Christine Capendale het verleidelike geregte geskep wat nogtans maklik is om te maak, gesond is en jou nie ure lank in die kombuis besig sal hou nie.
R 365,00

Klein kook en geniet (2018 uitgawe)

n Eg Afrikaanse kookboek vir beginners van alle ouderdom. Kook & geniet se kleinsus is die perfekte wegspringplek vir beginners in die kombuis. Die gewilde kookgids vir kinders is nou terug in 'n vrolike baadjie - met dieselfde vertroude staatmaker-resepte en splinternuwe kleurfoto's.
R 299,00

Kook en geniet

Kook en geniet het in 1951 vir die eerste keer verskyn. Met meer as 'n halfmiljoen eksemplare in druk is dit ongetwyfeld die klassieke Suid-Afrikaanse kookboek. Generasies is grootgemaak en het self leer kook aan die hand van die boek.
R 425,00