Jippie! Dis uiteindelik vakansie. Die meeste kinders in 5b gaan by die huis bly. Maar Lotta se familie gaan op ’n organise plaas vakansie hou. Al het sy en haar twee raasbekboeties, Jakob en Simon, besluit hulle wil na ’n eksotiese eiland toe vlieg. Maar daar is nogal baie interessante diere op hierdie plaas. En Lotta is mal oor diere!
Lotta Liebenberg is tien jaar oud. Haar beste vriendin se naam is Chantelle, sy hou van pannekoek en sy is mal oor diere. Maar eintlik is sy net doodgewoon. Baie meer doodgewoon as haar ouers en haar tweeling-raasbekboeties. So sy verstaan nie hoekom daar die laaste tyd sulke snaakse goed met haar gebeur nie.
Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net 'n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het 'n plan ...
Hoender Retief se hele lewe verander een middag toe sy pa op pad huis toe by 'n winkel stilhou om 'n snoek te koop. En terwyl sy gesin probeer om hul verlies te verwerk, versorg hy sy Leghorn-hoenders, verkoop eiers aan die mense op die plotte en doen saans wiskunde as hy sukkel om te slaap
Watter soort ou breek by 'n akwarium in? En verf graffiti teen die muur? Of gooi bottels en ander gemors in die dolfyntenk? Kevin Pieterse, dis wie. Kevin is moeilikheid met 'n hoofletter "M".