Close
You have no items in your shopping cart.
Search
Picture for category Kinderboeke 14+

Kinderboeke 14+

3 Items in Grid 4 Items in Grid List

Donker Web

Greg Owen, voormalige hoofseun van Lawson Kollege en kuberkraker van formaat, is nou 'n eerstejaar-Matie. Sy pa en Dok Pienaar, ontmasker as die Baker en die Candlestick Maker van Project Nursery Rhyme, is agter tralies. Maar wie en waar is die Butcher? As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe . . .
R 270,00

Die Vlerke van Naaldekokers

Die ongeluk het Kylie se lewe uitmekaargeruk. Sy het haar linkerhand verloor en haar jonger sussie, Lieke, is vir altyd weg. 'n Onbeplande road trip saam met haar eksentrieke oupa en sy jong assistent, is Kylie se kans om te ontsnap.
R 199,00

Die 17de veer

Lara werk in haar vrye tyd by ’n tatoeëersalon, en wonder soms oor die pa wat sy nooit gehad het nie. Alex het in ’n kinderhuis grootgeword en het ’n vreemde fassinasie met uile. Lara weet dit nog nie, maar haar en Alex se stories is op die punt om vir ewig verstrengel te word.
R 195,00

Die A,B,C van Suid-Afrikaanse Baanbrekervroue

Van Fatima Meer na Caster Semenya, Cissie Gool na Thuli Madonsela, is hierdie 'n boek oor vroue wat te veel vrae vra, wat onreg teenkant, en wat weier om hul plek te ken. Dit is 'n viering van die moed, vasberadenheid en deernis van die aktiviste, wetenskaplikes en storievertellers wat ons vooruit gegaan het.
R 190,00

Brand

n Storie oor obsessies. Arian en Estie is in Graad 11. Na hulle op sosiale media vriende word, begin Estie vir Arian stalk: Aanlyn, en later ook in die werklikheid. Eers is hy vir haar net nog 'n misterieuse vreemdeling, maar soos wat sy hom dophou openbaar hy onwetend sy diepste geheime aan haar. Maar Estie het geheime van haar eie . . .
R 210,00

Veldiep

Amber maak 'n anonieme YouTube-video waarin sy mense vra om haar voorkoms te beoordeel, maar dit beland per ongeluk op haar Facebookblad. Tim is gewild, maar sy meisie het hom sopas afgese vir een van die rugby-ouens. 'n Toevallige ontmoeting tussen hulle lei tot 'n ongewone vriendskap.
R 199,00

Die perfekte brander en ander verhale

Stories oor die pyn en vreugdes van verlief wees. Stories oor die waagmoed, twyfel en uitdagings van jonk wees. Stories wat jou sal laat glimlag of 'n traan laat wegvee. Stories wat weet hoe dit voel om sestien te wees. Hierdie versameling bevat 28 stories deur van die bekendste skrywers in Afrikaans.
R 210,00

Jou Romeo

Yvette droom al van graad agt af om Romeo en Juliet in haar matriekjaar op die planke te bring. Maar die skool se kuns- en kultuurbegroting word gesny en al die geld word vir krieket aangewend. Die "drama nerds" het 'n plan: Wat as hulle die gewildste ou in die skool, die krieketheld Marko Marais, kry om die rol van Romeo te vertolk?
R 189,00

Al wat ek weet

'n Eg Suid-Afrikaanse tienerverhaal oor 'n sukkelende pa-en-seun-verhouding en die reddende krag van woorde. Van der Vyver skryf oortuigend oor die wereld van performance poetry en die hoofkarakter, Gabriel, se pogings om na sy ma se dood sin te maak van die lewe.
R 200,00

Afkop

Trent is die naweek alleen by die huis. Na 'n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met 'n motorongeluk eindig, word Trent met 'n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het?
R 195,00

Studiewerkgids: Onderwêreld : Graad 12

Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders in Gr 12 te help om hulle voorgeskrewe letterkundewerk ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die KABV en al die belangrikste aspekte van die roman word gedek – in taal wat leerders verstaan.
R 218,00

Zita

Alles by haar nuwe skool is vir Zita vreemd. Die kinders, die kos die sport, selfs die skoolwerk. Sy verlang terug na Kieriekroek waar sy grootgeword het - 'n plek wat net soveel kleurvolle karakters het as wat hy swaarkry het.
R 190,00