Close
You have no items in your shopping cart.
Search
Picture for category Kinderboeke 12-14

Kinderboeke 12-14

3 Items in Grid 4 Items in Grid List

Om te dans

Skaars drie maande terug was Lisa se lewe nog normaal. Hulle was 'n gesin, sy het vriende gehad en sy het gelewe vir ballet. Maar toe verander alles in 'n oogwink en Lisa moet by haar eksentrieke ouma gaan bly wat pienk tekkies dra. Die enigste ligpunt is Jaco, haar ouma se buurseun met die donker oe, wat sy kort voor lank beter leer ken.
R 195,00

Elf dae in Parys

n Studiereis na Parys was die laaste ding wat Emma vir haar 16de verjaardag wou he! Sy word egter gou oorrompel deur die skoonheid van die stad. Boonop is daar Luc, Madame Flaubert se seun, wat gids speel en die stad se bes bewaarde geheime vir Emma oopsluit. So begin die mees fantastiese avontuur van haar lewe!
R 199,00

Sterkykers

Hierdie bundel vars, verrassende, vuishou-op-die-maag-gedigte vir tieners bou voort op die suksesvolle Toulopers. Bekende digters en skrywers soos Koos Kombuis, Ronelda S. Kamfer, Nathan Trantraal, Annie Klopper, Fanie Viljoen, Izak de Vries en Jaco Jacobs span kragte saam met opwindende nuwelinge.
R 175,00

Die meisie op die dak

Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.
R 190,00

Gerook

Cobie het lank uitgesien na die Desember-skoolvakansie. Om ’n paar weke by sy ouma op Vaalberg te kom bly, was egter beslis nie deel van sy vakansieplanne nie. Maar die Weskusdorpie is nie heeltemal so vaal en vervelig soos sy naam se nie...
R 170,00

Spring

Hoe ver sal jy gaan om die meisie van jou drome te beindruk? Wat sal jy doen om jou beste vriend se lewe te red?
R 170,00

Amper Einstein

R 199,00

Nog 13 spookstories

Het jy senuwees van staal? Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te le en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap nie? Skrik jy nie vir stories oor gedaantes wat snags in die donker rondsluip nie? Dan is hierdie net die boek vir jou!
R 195,00

Ek was hier

Frankie se gesin is anders. Haar pa kom van Vlaandere, lyk soos Atilla die Hun, en hy praat nog steeds Nederlands - en soms 'n bietjie Frans as hy Frankie wil treiter.
R 195,00

Sweef en ander verhale

Al die verhale in Sweef is spesifiek gefokus op tieners en hul belewenis van die wereld. Daar is stories wat jou sal laat dink en droom, stories wat jou sal laat ril en raai, en bowenal stories wat jou sal laat ... sweef. Met skrywers soos Martie Preller, Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Zulfah Otto-Sallies en Christo Davids (Errol van 7de Laan).
R 210,00

Suurlemoen!

Daar is 'n paar basiese reels wanneer jy jou eerste band begin. Besluit vooraf watter soort musiek julle wil maak. Neem jou tyd om lede vir jou band te kies. Moenie op iemand in jou eie band verlief raak nie. Ons het al die reels verbreek.
R 210,00

Onderwereld

Die verhaal speel af by 'n elite privaat seunskool waar Greg Owen hoofseun is en Ekhardt, 'n buitestander, in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm 'n band tussen die twee seuns.
R 195,00