Die Cambridge IGCSE Afrikaans Tweede Taal is 'n reeks wat die kurrikulum vir Cambridge IGCSE Afrikaans - Second Language (0548) ten volle ondersteun. Die materiaal bied al die inhoud wat leerders in die laaste twee jaar van hul studies moet dek voordat hulle die finale IGCSE eksamen kan skryf.
Sy is Helena Bosman van 'n piepklein dorpie doer ver in die Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is hulle veldbosengeltjie, hulle hart se punt. Tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng - die weeshuis waar Madiba se weggooikinders bly.