Dié nuwe, opgedateerde uitgawe van die topverkoper Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika sluit bydraes in deur gerekende nuwe skrywers, wat die storie van ons land en mense reg tot op datum bring. Onder redaksie van Bill Nasson word nuwe insigte uit die geskiedskrywing en die argeologie ingeweef.
Tonele en rolspelers uit die Anglo-Boereoorlog kry nuwe lewe in hierdie unieke versameling foto's wat lewensgetrou ingekleur is. Dit bring vars perspektief op een van die belangrikste historiese gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.
Met sy dood verras CJ Langenhoven deur 'n jong Joodse vrou, die vurige rooikop Sarah Goldblatt, as eksekuteur te benoem. Dominique Malherbe was van kleins af gefassineer deur die familiefluisteringe oor die groottante van haar en haar verhouding met die A
Maggie was net 13 jaar oud toe die Anglo-Boereoorlog uitbreek. Ná maande in huisarres word sy en haar gesin na 'n konsentrasiekamp gestuur. Hier ervaar hulle honger, onsekerheid en verlies, maar ook die goedhartigheid van Britse soldate.