Close
You have no items in your shopping cart.
Search
Picture for category Algemene Fiksie

Algemene Fiksie

3 Items in Grid 4 Items in Grid List

Op Pad Na Moormansgat

Laat een aand in 1914 word die Boeregeneraal Koos de la Rey op pad na 'n beplande rebellie noodlottig gewond. Die teiken was die berugte bendelid William Foster. Dat De la Rey in die spervuur beland het, was pure toeval.
R 350,00

Inkommers

Inkommers is 'n eietydse verhaal, 'n kroniek van die Afrikaners - die familie, nie die volk nie - wat al van die Groot Trek se dae af wydsbeen oor die vuil Vaal in die Vredefortkoepel boer.
R 300,00

Die Demokratiese Republiek van Braai 2

Berdine dink sy is gebore om ander tevrede te stel. Na 'n manipulerende verhouding besef sy dit nie is wat sy wil he nie. Haar ma en ouma werk saam om Berdine terug te lok na haar herkoms. Daar wag 'n blye weersiens maar ook moeilike keuses. Berdine kry helderheid nadat haar ouma haar die verhaal van haar grootouma en die se niggie Emma vertel.
R 230,00

Murasie

Ras Erasmus ken feitlik elkeen van hierdie Verlatenfontein-stories soos oorvertel deur sy ouma Kate.
R 350,00

Monster

Die voerings van oudspeurder Carl Bester se lewe torring los, en hy sluit aan by die Kaapse Mercurius, 'n CIA-steunpilaar. Intussen word 'n Saoediese joernalis in 'n konsulaat in Istanbul vermoor, met 'n SA joernalis as onwillige ooggetuie. Gevolge van die joernalis se besluite kring uit na Kaapstad, waar Carl opdrag kry om die saak te hanteer.
R 320,00

Zanzibar Zen

Wanneer ’n nuuskierige toeris in Zanzibar vermoor word, peul die vreemdste karakters uit die spesery-eiland se tropiese woud. Die bou van Giorgio Comaneti se blinknuwe casino gaan die helfte van die Jozani-woud uitwis. Toast le Roux, omgewingsjoernalis, moet die stootskrapers keer.
R 295,00

Minder as Niks

Dertig jaar gelede is Johan Botha lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op drie tienermeisies. Terminaal siek en pas vrygelaat, vra hy misdaadjoernalis Ami Prinsloo om hom te help om sy onskuld te bewys.
R 290,00

Om Alleen te Gaan

Cato ontmoet Da'oud, 'n jong Egiptenaar, tydens 'n bootvaart op die Nyl. Sy familie is intens geraak deur sosio-politieke onrus en ongeregtigheid, met 2011 se onlus op die Tahrir-plein as laagtepunt.
R 280,00

Stille Waters

Hanna, ’n dinamiese en suksesvolle personeelagent, lewe teen ’n vinnige pas. Sy’t haar eie besigheid, is gelukkig getroud en het twee kinders rondom wie sy haar besige lewe beplan. Maar toe sy een middag ná ’n blitsbesoek aan die winkels by die huis opdaag, stort haar hele kaartehuis ineen.
R 295,00