Close
You have no items in your shopping cart.
Search
André P. Brink en die Spel van Liefde : 'n Biographie

Publisher : Jonathan Ball Publishers SA
SKU: 9781868427949
R 350,00
R 297,50
Andre P. Brink en die spel van liefde is die heel eerste biografie van 'n Suid-Afrikaanse skrywer wat gedurende sy leeftyd in dieselfde asem as Gabriel Garcia Marquez, Peter Carey en Aleksandr Soltzjenitsen genoem is, en wie se romans in meer as 30 tale vertaal is.

Andre P. Brink en die spel van liefde is die heel eerste biografie van 'n Suid-Afrikaanse skrywer wat gedurende sy leeftyd in dieselfde asem as Gabriel Garcia Marquez, Peter Carey en Aleksandr Soltzjenitsen genoem is, en wie se romans in meer as 30 tale vertaal is. In Leon de Kock se langverwagte biografie word Brink se persoonlike dagboeke en joernale as die belangrikste bronmateriaal hanteer. Brink het meer as 50 jaar lank sy ervarings en gedagtes pligsgetrou opgeteken: hierdie notaboeke, waartoe De Kock eksklusief toegang verkry het, word nou vir die eerste maal bekend gemaak. Die spel van liefde is 'n omvangryke biografie wat die leser 'n openhartige, onverbloemde blik gee op Brink se gedagtes en gevoelens - oor homself en ander. Brink beskryf die hoogte- en laagtepunte van sy vyf huwelike asook sy verskeie verhoudings met 'n groot aantal vroue - 'n onderwerp wat hy in sy memoir, 'n Vurk in die pad, maar slegs vlugtig bespreek. Gedurende sy leeftyd het Brink hom nie net teen die politieke bestel verset nie, maar veral ook teen tradisionele seksuele sedes. In hierdie biografie van 'n skrywer aan wie die Nobelprys vir letterkunde byna toegeken is, bekyk De Kock Brink se persoonlike, outobiografiese aantekeninge vanuit 'n kritiese, literere oogpunt. Daarmee saam vergelyk hy die dagboeke met akademiese en ander, alledaagse bronne, waaronder getuienisse deur Brink se vriende, familie, eggenotes en minnaresse. Die spel van liefde is 'n unieke, belangrike toevoeging tot die Suid-Afrikaanse lettere, maar veral ook tot navorsing oor Brink se lewe en skryfwerk.

Products specifications
ISBN13 9781868427949
Publisher Jonathan Ball Publishers SA
Contributor By (author) Leon De Kock
Publication Date 2019-05-08
Language Afrikaans
Format Hardback
Pages 496
Product Dimensions (H x W x L) in mm 233 X 152 X 210
Shipping Weight (grams) 500
Write your own review Close Review Form
  • Only registered users can write reviews
*
*
Bad
Excellent
*
*
*
*
Description